Nantu onderhandel steeds vir 8% met GRN

Plaaslike media berig dat die onderwysvakbond Nantu steeds met die regering onderhandel vir ‘n salarisverhoging. Die vakbond se sekretaris-generaal Loide Shaanika sê die vakbond vra vir 8 persent, kort op die hakke van die 3 persent wat laat verlede jaar toegeken is. Terwyl sy nie kommentaar wou lewer oor die samesprekings nie, sê sy hulle vra ook vir verhogings in van die voordele en dan, ‘n 10 persent verhoging in die volgende boekjaar. Die regering het herhaaldelik beklemtoon dat daar die geld is vir salarisverhogings nie. Die 3 persent verhoging jaag die regering amper ‘n miljard Namibiese dollar uit die sak uit.