Tradisionele owerheid lê boete op vir sandontginning

Plaaslike media berig dat die Oukwanyama tradisionele owerheid ‘n boete van 668 000 Namibiese dollar aan ‘n siviele ingenieurs maatskappy vir die onwettige ontginning van sand opgelê het. Luidens berigte het die maatskappy na bewering tussen Augustus 2018 en September 2019 sand by die Ohailulu nedersetting ontgin sonder om klaring by die ministerie van omgewingsake te bekom. Blykbaar is meer as 2 600 15-ton vragte sand in die tydperk weggery. Na wat berig word is die sand gebruik vir ‘n projek van die paaie-owerheid. Die ontginning van sand regoor die land is ‘n uitdaging vir bewaringsowerhede.