Staande komitee sal verhoor oor litium-ontginning hou

Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne sal van 8 tot 10 Mei ‘n openbare verhoor oor die mosie oor litium-ontginning by Uis in die Erongo-streek aanbied. Die minister, Tom Alweendo onlangs aan die Chinese Xinfeng die groenlig gegee en sê die maatskappy het alle maatreëls en regulasies nagekom na die Uis-gemeenskap opgeruk het. Henny Seibeb, parlementslid van Landless People’s Movement, het by die regering aangedring om ‘n moratorium op litium-mynbou in te stel om die waarde van die seldsame aardmetaal te bepaal. Hy het ook gepleit vir die gemeenskappe waar die gesogte mineraal ontgin word om ten minste 60 persent-aandeelhouers van die myne te word. Seibeb het ook die mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende skakelbeampte by die parlement, Rafael Hangula, gepraat…