Vrese vir resessie dryf Brent verder af

Oliepryse het vanoggend effe gestyg in Asiatiese handel, maar dit is verseker dat daar ‘n derde agtereenvolgende week van verliese aangeteken sal word. Dit kom na skerp dalings in markte weens vrese vir ‘n verswakkende Amerikaanse ekonomie en verlangsamende Chinese vraag. Brent, wat Donderdag 71 Amerikaanse dollar bereik het, effe gestyg tot net meer as 72 dollar ‘n vat. Dit bring Brent se verliese vir die week op 8,5 persent te staan. Daar is steeds vrese vir ‘n wêreldwye resessie wat die mark gedemp hou maar, vraag na goud laat toeneem. Goud verandel bo 2 000 Amerikaanse dollar per fynons.