Eiendomsagent gesels oor plaaslike slenters
Misdadigers trek voordeel uit die behuisingskrisis in Kaapstad deur inwoners te bedrieg wat op soek is na bekostigbare huise in die stad, sê die nie-winsgewende behuisingsorganisasie, Communicare. Volgens Communicare skep swendelaars vals aanlyn profiele deur foto’s van Communicare-huurverblyf te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Hillie Petrus, hoof-agent by Peuyoshinge Properties, gesels oor die stand van sake in Namibië en of Namibiërs vir hierdie tipe bedrogspul sou val.