Lionel Richie sê om by Charles se kroning te sing herinner aan Kersdag toe hy klein was

Lionel Richie sê dit voel soos Kersfees toe hy klein was. Hy het met Britse media gesels oor sy optrede by die kroningsgeleentheid van koning Charles III wat môre plaasvind. Volgens Richie is dit ‘n geleentheid wat net een keer in ‘n leeftyd kom.