Gru-toneel toe polisieman sy vrou in Mariental-kerk skiet

‘n Gru-toneel het homself uitgespeel by die AGS Kerk op Mariental. Net voor vier Donderdagmiddag het die 47-jarige hoofinspekteur Michael Beukes sy vrou Johanna, 37 jaar oud, in die kerk doodgeskiet. Beukes is daarna huis toe en rondom kwart oor vier het hy homself geskiet. Oorspronklike, onbevestigde berigte maak melding van sy drie-jarige seuntjie wat hy by sy vrou gevat het, maar die polisie het geen sulke inligting gedeel nie. Owerhede sê wel daar was probleme in die verhouding. Vyf patrone is op die toneel by die kerk gevind. Die polisie se ondersoek duur voort.