Serwiese skoolskieter (13) se ouers gearresteer

Die Serwiese President Aleksandar Vučić sê die 13-jarige seun wat agt leerders en ‘n sekerheidswag in ‘n laerskool vermoor het, sal in ‘n psigiatriese inrigting geplaas word. Nog ses leerders en ‘n onderwyser is in die aanval gewond. Die polisie sê die verdagte het twee van sy pa se gewere vir die skietery gebruik en die aanval ‘n maand lank beplan. Die seun se ouers is ook in hegtenis geneem. Vučić het hom daartoe verbind om wapenwette strenger te maak. Serwië het per kapita die derde hoogste wapen-eienaarskap in die wêreld.