SAPD oor die kole gehaal oor swak vuurwapenregister
Die buurland se voorsitter van die parlement se polisiekomitee, Tina Joemat-Pettersson, het die polisie oor die kole gehaal omdat daar nie ‘n funksionele digitale vuurwapenregister is nie. Die komitee het twee jaar gelede ‘n toesigbesoek aan die sentrale vuurwapenregister se kantoor in Pretoria gedoen. Dit is waar vuurwapenlisensie-aansoeke en -hernuwings ingedien en verwerk word. Die komitee het hope aansoeke op die vloer aangetref en daar was geen sprake van ‘n liaseringstelsel nie. Joemat-Pettersson het ‘n beroep op die polisie gedoen om as ‘n saak van dringendheid ‘n doeltreffende aanlyn stelsel te skep.