Amerikaanse rentekoerse styg met kwart-punt

Die Federale Reserweraad het Woensdag eenparig gestem om rentekoerse met ‘n kwart-punt te verhoog, die tiende rentekoersverhoging sedert die Amerikaanse sentrale bank in Maart verlede jaar sy stryd teen inflasie begin het. Die stap kom te midde van voortdurende weerloosheid in die banksektor wat deels deur hoër rentekoerse veroorsaak is, en na die ineenstorting van drie banke. Die kwartpunt-verhoging bring die federale fondse se rentekoers op ‘n vlak vanaf 5 persent tot 5,25 persent, die hoogste vlak in meer as 15 jaar.