Facebook-verkragter was vir bykans een jaar ‘n vry man
Vandag is dit presies een jaar sedert die Facebook-verkragter en -moordenaar, Thabo Bester, se ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum nadat hy sy eie dood geveins het. Bester het sy ontsnapping uitgevoer met behulp van werknemers van ‘n sekuriteitsmaatskappy nadat ‘n verbrande liggaam in sy sel gevind is. Die liggaam is uitgeken as dié van Katlego Bereng. Bester het ‘n ruk lank saam met sy minnares, Nandipha Magudumana, in Hyde Park, Johannesburg, gewoon. Hulle is verlede maand in Arusha, Tanzanië, in hegtenis geneem. Die twee staan tereg op aanklagte van moord, bedrog en die skending van ‘n liggaam.