Oorstromings in weste van Rwanda
Die dodetal na oorstromings in die weste van Rwanda, het tot minstens 109 gestyg. Plaaslike owerhede sê die Sebeya-rivier het na swaar reën oornag sy oewers oorstroom wat gelei het tot modderstortings en huise wat beskadig is. Reddingswerkers gaan voort met pogings om mense te bereik wat in beskadigde huise vasgekeer is. In die buurland, Uganda, is ses mense oornag weens oorstromings dood.