Vragverbod steeds in plek, miljoene word verloor

Kosmos 94.1 Nuus is ingelig dat die verbod op vragvervoer steeds in plek is by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en dat die verbod reeds ‘n maand duur. Dit, ten spyte van die feit dat die Lughawensmaatskappy se hoof uitvoerende beampte Bisey /Uirab Vrydag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat die verbod gelig is na ‘n noodvergadering wat Donderdag plaasgevind het. Dit was wat hy aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het.

Intussen, beloop verliese rondom 400 000 Amerikaanse dollar per maand in visuitvoere. Tot op hede is 360 ton vis deur Suid-Afrika namens die uitvoerders uitgevoer. Nie Lufthansa of Emirates kan vrag vanaf Windhoek vervoer nie. Die uitdaging is die sertifisering van beamptes en die skandeerders. Kosmos 94.1 Nuus verneem ook dat die vervoerindustrie 100 000 Namibiese dollar betaal het om die skandeerders reg te maak. Kosmos 94.1 Nuus het Dinsdag met /Uirab gepraat. Hy het gesê hy was onbewus van die voortslepende probleem maar het onderneem om hom te vergewis van die feite en terug te kom. Tot op hede is /Uirab onbereikbaar.