Groot landbou-uitstalling in Marokko
Die 15de aanbieding van die Internasionale Landou-uitstalling in Marokko, algemeen bekend as die SIAM, het in Meknes afgeskop. Die jaarlikse landbouskou – een van die grootstes in Afrika en die Midde-Ooste – verenig meer as 850 000 besoekers en afvaardigings van 60 lande. Van die voorste maatskappye in die landboubedryf, asook die sektore landbou-, voedsel- en groen tegnologie sal die uitstalling bywoon. Ander uitstallers sluit in vervaardigers van landbou-implemente, saad-en kunsmisprodusente, veetelers, en voedselverwerkerkingsmaatskappye. Die uitstalling duur tot Sondag.