Skuiwergate met onuitgekende liggame moet verwyder word 

Die LUR vir Gesondheid in die Vrystaat, Mathabo Leeto, sê verskeie skuiwergate is reeds uitgeken in ‘n ondersoek na die prosedures wat gevolg word wanneer liggame ontvang en vrygestel word by die provinsies se lykshuise. Dit volg nadat die verkragter en moordenaar, Thabo Bester se metgesel, Nandipha Magudumana, Kaltego Bereng se liggaam in die Mangaung Korrektiewe Sentrum ingesmokkel het. Die liggaam is later verbrand, wat gelei het tot Bester se ontsnapping. Leeto sê die doel is om skuiwergate toe te stop in die opeis van onuitgekende liggame: