Henties-man steek homself per ongeluk dood
Die 32-jarige Dino Boois is Saterdag op Hentiesbaai dood na hy homself per abuis in die been met ‘n mes gesteek het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Boois en ‘n kollega skaak gespeel maar daar was ‘n misverstand en die twee het begin baklei. Boois het sy okapi-mes uitgehaal en die kollega het ‘n hark gegryp. Gedurende die bakleiery het Boois homself in die been gesteek en die hoofaar, die femorale aar raak gesny. Hy het op die toneel doodgebloei.