Oekraïnse magte sê teenaanval is amper gereed

Die Oekraïne sê planne vir ‘n langverwagte aanval teen Russiese magte is byna voltooi. Die aanval sal ondersteun word deur wapens en militêre toerusting wat deur die Weste voorsien word. Dit volg nadat Rusland gister opnuut missielaanvalle in Oekraïne uitgevoer het en waarin 34 mense beseer is. Spoorweginfrastruktuur en ‘n ammunisie-depot is beskadig. Vrydag is 23 mense, onder wie ‘n kind, dood toe ‘n missiel ‘n woonstelgebou in die sentrale stad, Uman, getref het. Rusland se ministerie van verdediging sê al die missielaanvalle se teikens is getref.