NIP kanselleer 6 tenders – te duur
Die Namibiese Instituut vir Patologie het ses tenders gekanselleer omdat hulle te duur was. Dit sluit in die ontwikkeling van ‘n nuwe webtuiste, die diens en instandhouding van alarms en drie wat nooit geadverteer is nie – ‘n nuwe voertuig, skoonmaakmiddels en geskenkpakke vir personeel. Volgens die Tender Bulletin het die tenders vir die webtuiste op 103 000 Namibiese dollar begin en op net meer as 680 000 dollar geëindig. Die instituut sê die tenders is gekanselleer omdat hulle ver bo die bedrag is wat begroot is. Vir die skoonmaakmiddels is een tender gekanselleer as gevolg van ongerymdhede maar geen besonderhede is bekend nie, en in die tweede tender sê die instituut die goedere is nie meer nodig nie. Die ander drie tenders, wat nie geadverteer is nie, is gekanselleer om die bieërs nie voldoen het aan vereistes nie.