WGO sê werksomgewing moet veilig en gesond wees
Die Verenigde Nasies sê ‘n veilige en gesonde werkomgewing is ‘n grondliggende beginsel en ‘n reg by die werk. In Junie verlede jaar het die Internasionale Arbeidskonferensie besluit om die beginsel in te sluit in sy raamwerk. Saterdag het die konferensie die besluit gevier deur kenners en lede byeen te bring om die uitwerking daarvan op die wêreld van werk te bespreek. Die konferensie sê die beginsel is ‘n integrale deel van die Wêreldwye Strategie oor Arbeidsveiligheid en -gesondheid, soos vervat in die Gevolgtrekkings van die Internasionale Arbeidskonferensie.