Bok-vroue-sewes vorder na halfeindronde van Uitdaagreeks
Die Springbok-vroue-sewesspan is twee oorwinnings weg daarvan om kernstatus te herwin in die Wêreldrugby-sewesreeks vir die 2024-seisoen. Die Bok-vroue het Saterdag met ‘n indrukwekkende sege van 31-0 oor Colombia in die kwarteindronde vir die halfeindronde gekwalifiseer nadat hulle hul groepwedstryde met ‘n groot oorwinning van 38-0 oor Thailand afgesluit het. Die Suid-Afrikaanse medekaptein Mathrin Simmers sê die uitsluitlike fokus sal op hul halfeindstryd-teenstanders wees, op die laaste dag van die tweede Wêreldrugby Sewes-uitdaagreeks in Stellenbosch: