SA-jagluiperds sal in vrylopende gebied in Indië vrygelaat word

Die buurland se departement van die omgewing sê 11 Suid-Afrikaanse jagluiperds sal in vrylopende gebiede in die Kuno Nasionale Park in Indië vrygelaat word. Die departement het bevestig een van die 12 diere wat in Februarie na Indiê hervestig is as deel van ‘n inisiatief om die jagluiperdbevolking daar uit te brei, het gevrek. Die woordvoerder Peter Mbelengwa sê Kuno is ‘n beskermde gebied sonder heinings wat ‘n groot aantal mededingende roofiere huisves, wat luiperds, wolwe, lippebere, ook bekend as snuitbere, en gestreepte hiënas insluit: