Air Namibia-werkers moet wag, parlementêre komitee vergader eers in JunieApril 28, 2023
Die Namibiese parlement het gereageer op die versoekskrif deur die voormalige werknemers van Air Namibia wat verlede jaar in November by die huis ingedien is. Die groep het hulle aan die Nasionale Vergadering gewend om hulle volle pakkette te ontvang. Volgens die parlementêre woordvoerder Rafael Hangula sal die spesifieke komitee, wat die versoekskrif moet hanteer, eers in Junie bymekaar kom en dus, moet die voormalige werknemers wag.