Geingob steeds doodstil oor korrupsie-versoekskrif, amper 3 jaar laterApril 28, 2023

Die nasionale voorsitter van die IPC-party Brian Black het in 2019 ‘n versoekskrif aan President Hage Geingob gerig. Meer as 22 000 Namibërs het die dokument, wat geëis het dat korrupsie aangespreek word, onderteken. Volgens Black het Geingob destyds gesê korrupsie bestaan net in Namibiërs se verbeeldings. Black sê hy wag steeds op ‘n antwoord en dus moet hy aanneem dat Geingob korrupsie goedkeur.