Sudan se konflik raak boomgom-uitvoere
Die konflik in Sudan het kommer onder internasionale vervaardigers van verbruikersgoedere gewek as gevolg van ‘n bedreiging aan die voorsiening van sogenaamde Arabiese boomgom. Die produk is ‘n sleutelbestanddeel in alles van gaskoeldrank tot lekkergoed en skoonheidsmiddels. Sowat 70 persent van die wêreld se aanbod van Arabiese boomgom, waarvoor daar min plaasvervangers is, kom van die akasiabome in die Sahel-streek.