Agribank bied verligtingslening vir boere

Daar is kommer oor Namibië se landbousektor as gevolg van die swak reënseisoen sowel as voorspellings vir ‘n droëer jaar. Talle boere sal bystand nodig hê en Agribank het dus ‘n produksie-lening daargestel vir produsente. Volgens die bank se woordvoerder, Fillemon Nangonya, is daar geen beperking aan die lening nie maar, bekostigbaarheid sal ‘n rol in die bedrag speel. Boere sal ook ‘n grasieperiode gegun word voor terugbetalings sal begin, wat bepaal sal word deur die produksietydperk. Die lening kan vir talle doele benut word. Die fasiliteit is beskikbaar aan beide voltydse en deeltydse boere.