Selfverklaarde profeet verskyn op Rundu

Die selfverklaarde ‘profeet’, die 32-jarige Jafet Johannes wat Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem is op talle aanklagte van bedrog en geldwassery, het vandag sy eerste verskyning in die Rundu-landdroshof gemaak. Sake is glo teen hom aanhangig gemaak deur verskeie lede van die publiek wat hy na bewering bedrieg het. Hy het voor landdros Sonia Sampofu verskyn en die aanklaer, Michael Munika, het beswaar teen borgtog gemaak omdat nog aanklagte nog by die beskuldigde se saak gevoeg word. Luidens die klagstaat het Johannes in 2020 na bewering een vrou bedrieg met 289 000 Namibiese dollar deur haar te oortuig om in Trongrace kripto-geldeenheid te belê. Sy bly in aanhouding en sy saak is tot 11 Mei uitgestel. Hy word deur Kadhila Amoomo Regspraktisyns verteenwoordig.