WGO het groot kommer oor Sudan se humanitêre krisis

Die humanitêre situasie in Sudan versleg steeds met honderde wat dood is en duisende wat beseer is. Geweld duur nou 14 dae voort tussen die weermag en die paramilitêre groep, die Rapid Support Forces. Daar is amper geen bystand vir burgerlikes nie en duisende vlug op die oomblik na buurlande en Saoedi-Arabië. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê baie van die sterfgevalle was voorkombaar.