Covid-sterfgevalle daal met 95% vanaf Januarie
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Covid-19-sterftes het sedert die begin van die jaar met 95 persent gedaal, maar waarsku dat die virus steeds ‘n gevaar is. Volgens die WGO is Covid hier om te bly, en lande sal moet leer hoe om ditte bestuur. Die WGO-hoof Tedros Adhanom Ghebreyesus, is hulle bemoedig deur die volgehoue afname in gerapporteerde sterftes weens Covid-19, maar voeg by dat sommige lande steeds sukkel. Oor die afgelope vier weke het 14 000 mense hul lewens aan dié siekte verloor. Maria van Kerkhove, die WGO se tegniese hoof oor Covid-19, het gesê XBB-sub-afstammelinge is nou wêreldwyd oorheersend.