8 000 poste moet by gesondheid gevul word

Plaaslike berigte lui dat die gesondheidsministerie op 60 persent van kapasiteit bedryf word as gevolg van personeeltekorte. Uit die meer as 21 000 poste is net meer as 13 000 gevul. Die 2022 verslag oor die werksmag status van gesondheidsorg het die syfers bekend gemaak. Die Hardap-streek het die grootste tekorte aan personeel. Tien streke sê hulle het redelike personeelgetalle terwyl drie sê daar is goeie getalle maar daar is geen wat sê hulle getalle is baie goed nie. Die verslag sê ook dat die getalle gevulde poste in die Kavango Oos op 46 persent staan met 68 persent wat in Omaheke aangeteken is. Die twee Windhoek-hospitale, Katutura en Sentraal het saam 71 persent van sy poste wat gevul is.