Hengse verhoging deur Krieket Australië aangekondig

Spelers kan heelwat groter vergoedingspakkette verwag in volgende jaar se Big Bash-liga nadat Krieket Australië ʼn verhoging van 23,5 persent aangekondig het. Dit sal hopelik van die wêreld se beste spelers na die T20-reeks lok. Die perk vir oorsese spelers styg tot meer as 5,1 miljoen Namibiese dollar, terwyl die totale spelerspoel per span van 23 tot 36 miljoen Namibiese dollar styg. Krieket Australië se hoofbestuurder vir die kompetisie, Alistair Dobson, sê met die nuwe reëls kan die liga internasionaal mededingend bly in ‘n toenemend dinamiese mark.