Amta-hoof na 15 maande se skorsing, afgedank
Die Amta-raad het sy besturende direkteur, Lungameni Lucas, was sedert Januarie verlede jaar geskors is, afgedank. Die raad se voorsitter, Lorna Shikongo-Kuvare, sê ‘n volle interne ondersoek is voltooi en hy is skuldig bevind aan kontrakbreuk aan die landbou-bemarkingsagentskap. Terwyl sy nie besonderhede bekend gemaak het nie, het ‘n forensiese oudit bevind dat hy betrokke was met 6,2 miljoen Namibiese dollar wat verdwyn het. Hy het ook vier keer self ‘n salarisvoorskot goedgekeur wat 65 000 Namibiese dollar beloop het. Staatsondermenings gaan gereeld gebuk onder kritiek omdat hulle so lank vat om ondersoeke af te handel en geskorste werknemers sit vir lang periodes tuis met volle betaling. In die geval is Lucas vir 15 maande geskors.