Ramaphosa bring hulde aan Belafonte

President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek oor die dood van die bekroonde sanger, akteur en aktivis, Harry Belafonte. Hy sê hy was ‘n gewaardeerde lid van die Nasionale Orde van die Metgeselle van OR Tambo en het bygedra tot die handhawing van die Verenigde Nasies-geleide kulturele boikot teen apartheid. Belafonte het saam met Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Miriam Makeba gewerk om die stryd teen apartheid in die kollig te hou. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sê Belafonte sal as ‘n held en ware vriend van Suid-Afrika gevier word: