Amerikaanse vrou kom in Australië aan met ongelisensieerde wapen…

‘n Amerikaanse vrou kan tot tien jaar in ‘n Australiese tronk beland nadat sy op ‘n lughawe in Sydney in hegtenis geneem is met ‘n vergulde pistool in haar bagasie. Sy het nie ‘n permit vir die vuurwapen gehad nie. Die vrou was op ‘n vlug vanaf Los Angeles. Die Australiese Grenswag sê gevorderde opsporingstegnologie het gehelp om te keer dat ‘n gevaarlike wapen die land binnekom. Die 28-jarige vrou is uit op borgtog. Daar word berig haar visum kan ook gekanselleer word, en sy kan uit Australië verwyder word.