Krieket SA wys A-groep aan vir Sri Lanka-toer
Krieket Suid-Afrika het ʼn Suid-Afrika ‘A’-groep van 15-spelers aangewys vir ʼn toer na Sri Lanka in Junie vir drie eendag- en twee vierdagwedstryde. Tony de Zorzi sal die span aanvoer onder leiding van die hoof-toetsafrigter, Shukri Conrad. Die groep is versterk met verskeie spelers met internasionale ervaring, soos Keegan Petersen, Kyle Verreyne, Gerald Coetzee en Tristan Stubbs. Die toer is ook ʼn geleentheid vir die opwindende jong kolwer van die Titans, Dewald Brevis.