Ruacana vertoon weer beter, wek goed krag op

Vloei by die Ruacana-aanleg het weer verbeter. Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens het die Kunene se vloei van 653,3 kubieke meter per sekonde gestyg na 960,6 kubieke meter per sekonde by die kragaanleg. Dit is uiters goeie nuus vir kragopwekking omdat die rivier die seisoen onderpresteer het en invoere van krag is uiters duur veral met uitdagings in Suid-Afrika. In die Ooste is die Okavango-rivier baie hoog op net meer as 6 meter by Rundu met ‘n vloei van 370 kubieke meter per sekonde. Die Zambezi-rivier se vlakke is op 4,1 meter maar die rivier vloei baie sterker teen 2 237 kubieke meter per sekonde.