Indonesiërs moet versigtig wees na aardbewingApril 25, 2023
Indonesiese owerhede het inwoners gevra om versigtig te wees soos hulle na hul huise terugkeer na ‘n aardbewing van 7,3 met verskeie naskokke voorgekom het. Die skudding, wat in die weste van Sumatra in die see plaasgevind het, het ‘n tsoenami-waarskuwing veroorsaak wat later opgehef is. Indonesië ervaar gereelde aardbewings.