Belangrike geveg vir Jeremiah Nakathila vanaand

Namibië se bokssensasie Jeremiah ‘Lowkey’ Nakathila is in Las Vegas in Amerika vir
die lang verwagte WBO tussentydse super-veergewig titelstryd teen die
Amerikaner Shakur Stevenson. Nakathila, wat verlede week saam met sy afrigter,
Nestor Tobias, in Amerika aangekom het, het van aangesig tot aangesig met die
Amerikaanse bokser tydens ‘n mediakonfernesie ontmoet. Die geveg vind vanaand
plaas.