Kostes vandag in BoN, CBI saak bepaal
Kostes sal vandag bepaal word in die saak waar die Bank van Namibië suksesvol geappelleer het teen die hoërhof se beslissing dat hy CBI Exchange se gevriesde bates aan hom moet terugbesorg. Die sentrale bank het in September kennis van sy voorneme gegee om te appelleer en die saak is in Oktober aangehoor. Die drie hooggeregshof regters, Elton Hoff, Petrus Damaseb en Christie Liebenberg het regter Marlene Tommasi se bevinding van die hand gewys en ‘n kostebevel gegee van beide die prokureur en advokaat wat op ‘n aardige bedrag kan uitloop.