Keniaanse polisie ontdek nóg 58 liggame van kerklede

Die polisie in Malindi in Kenia, het reeds 58 liggame uit vlak grafte in die Shakahola-woud opgegrawe in hul ondersoek na ‘n godsienssekte waarvan die volgelinge skynbaar aangemoedig is om te vas totdat hulle sterf. Die leier van die Good News internasionale kerk, Paul Makenzie Nthenge, is verlede maand in hegtenis geneem nadat ‘n aantal liggame in die woud gevind is. Hy ontken egter dat hy hulle aangemoedig het om op te hou eet sodat hulle hemel toe kan gaan. Volgens die Keniaanse Rooikruis-organisasie is 112 mense egter as vermis aangemeld. DNS-toetse sal gedoen word om te bepaal hoe die mense dood is.