Mislukte tender mors met noodlugambulaansdiens in Gauteng

Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Gesondheid het ernstig drooggemaak met ‘n tender vir ‘n noodlugambulansdiens, wat reeds meer as ‘n jaar sloer. Dit het tot gevolg dat pasiënte wat ernstig beseer is se kans op oorlewing bedreig word. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, is die tender vir ‘n lugmediese diens reeds in Februarie verlede jaar toegeken: