Ministerie werk nog aan ‘n plan om Namibiërs uit Sudan te ontruim
Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge werk op die oomblik nog op ‘n plan om Namibiese burgers uit Sudan, wat nou meer as ‘n week erge geweld en gevegte ervaar, te ontruim. Talle ander lande het reeds hul burgers oor die naweek uitgevlieg. Suid-Afrika sê ook hy ondersoek steeds opsies. Penda Naanda, woordvoerder van die ministerie, wou nie enige getalle bekendmaak nie maar het bevestig dat die kwessie aandag geniet.