Vroue in landbou moet insette lewer

Future Agri Perspectives het die Vroue-insig-beraadslagings-kompetisie van stapel gestuur. Dit bied die ideale platform en geleentheid aan vir vroue wat by landbou betrokke is om hul stem te laat hoor oor hoe beleidsake hul daaglikse lewens beïnvloed en wat hul perspektief is op hoe die toekoms gevorm kan word. Deelnemers sal hul sienings kan deel oor enige aspek wat die lewe in landelike gemeenskappe beïnvloed en hoe hulle te werk sal gaan om ‘n verskil in gemeenskappe, die ekonomie of die omgewing te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Marianna du Plessis, die stigter van die internasionale Agri-besigheid Afrika-konferensie, gepraat…