Energieminister: Sabotasie van Eskom-infrastruktuur neem toe

Die buurland se minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa sê die sabotasie van Eskom se infrastruktuur neem toe. Die regering beplan om sleutel-instellings te beskerm om ononderbroke voorsiening te verseker. Ramokgopa het ‘n plan wat strek oor 18 maande om ongeveer 12 000 megawatt bykomende elektrisiteit op te wek voorgelê aan die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni. Hy sê die onmiddellike ingrypings oor die volgende ses maande sluit in die vermindering van sabotasie, die aankoop van diesel van ongeveer 30 miljard Suid-Afrikaanse rand en die verbetering van die doeltreffendheid van kragstasies wat nie presteer nie.