Australië vind wrak van oorlogskip
‘n Australiese maritieme argeologie-organisasie het die wrak van ‘n Japannese skip gevind wat tydens die Tweede Wêreldoorlog langs die Filippynse kus gesink het met bykans ‘n 1 000 Australiese soldate aan boord. Die Montevideo Maru, wat in Julie 1943 gesink is, het ook 33 Noorweegse matrose en 20 Japannese wagte en bemanningslede vervoer. ‘n Amerikaanse duikboot wat die skip aangeval het, was nie bewus van die feit dat die skip vol oorlogsgevangenes was nie. Dit word beskou as Australië se ergste maritieme ramp. Die wrak is deur ‘n onbemande onderwater-vaartuig opgespoor op ‘n diepte van meer as 4 000 meter, wat dieper as die wrak van die Titanic is. Die span het aangedui dat die wrak nie versteur sal word nie, omdat dit nou as ‘n oorlogsgraf beskou word.