Houtskool-vereniging hou vergadering met skeepsrederye
Die Houtskool-vereniging van Namibië het ’n belangrike vergadering met vier skeepsrederye in Walvisbaai gehad. Tydens hierdie vergadering is belangrike aspekte oor die veilige verskeping van houtskool bespreek. Verteenwoordigers van houtskool-fabrieke en -produsente het die vergadering bygewoon om hul insette te gee. Daar is tans nog baie produsente wat houtskool direk uitvoer. Dit hou ‘n groot gevaar vir skeepsrederye in as vraghouers aan die brand slaan. Sommige rederye het al reeds begin om inspeksies by aanlegte te doen en hulle het ook reeds hul standaard bedryfsprosedures aangepas om die gevaar te verminder.