Een verdagte dood, een aangekeer ná bloedbad in KZNApril 21, 2023

Die KwaZulu-Natalse polisie het ‘n verdagte aangekeer en ‘n tweede een doodgeskiet na verlede nag se bloedbad in Pietermaritzburg. Dit was die tweede soortgelyke voorval in die provinsie dié week. Polisieverslae dui daarop dat aanvallers die huis binnegegaan en 10 familielede doodgeskiet het, waaronder ‘n tiener. Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die toneel vandag besoek. Cele het die polisie geloof vir die blitsige deurbraak.