Geingob gaan ANC-NUK toespreek
Die Namibiese president, Hage Geingob, wat op ‘n staatsbesoek aan Suid-Afrika is, spreek vandag die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe. Vroeër die dag het die voormalige President van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, ‘n hoflikheidsbesoek aan Geingob in Pretoria gemaak. Geingob is is op ‘n staatsbesoek aan Suid-Afrika op uitnodiging van President Cyril Ramaphosa. Die besoek is daarop gemik om bilaterale samewerking tussen die twee lande te versterk.