Kunene daal by Ruacana, Okavango styg

Vloei by die Ruacana-kragaanleg op die Kunene-rivier het van net onder 1 000 kubieke meter water per sekonde gedaal tot 505. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die vlakke van die Okavango-rivier by Rundu styg steeds en is op 6,02 meter gemeet met ‘n vloei van 359 kubieke meter water per sekonde. Die Zambezi is op 3,94 meter maar vloei is aansienlik vinniger met 2 099 kubieke meter water per sekonde. Blouputs op die Oranje-rivier in die Suide het ook effe gestyg van 1,07 meter tot 1,12 meter.