Sacu se handelsministeries vergader
Beamptes van die handelsministeries van lidlande van Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Sacu, sal hul strategiese vergadering op 24 April onder leiding van die koninkryk van Eswatini se handelsminister Siboniso Mkambule in Windhoek bywoon. Handels-ontwikkeling- en riglyne oor die implementering van ooreenkomste en beleidsverwante kwessies sal onder meer bespreek word. Die beleids- en navorsingsbeampte by die Sacu-sekretariaat, Benjamin Katjipuka sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat op die agenda is…
Katjipuka sê die Russiese-Oekraïnse konflik sal ook onder bespreking wees.