Sokker: Vyandige ontvangs vir Man United verwagApril 20, 2023

Sokker: Manchester United kom vanaand in Spanje in die tweede been van die kwarteindstryd van die Europa-liga teen Seville te staan. Die kragmeting is delikaat gebalanseer nadat United laat in die eerste wedstryd op Old Trafford twee doele afgestaan het. United verwag ʼn vyandige ontvangs, maar bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span moet daardie energie reg aanwend.